Language
stringclasses 51
values | Source
stringclasses 724
values | Date
stringlengths 7
10
| Text
stringlengths 1
29.5k
⌀ |
---|---|---|---|
Afrikaans | praag.co.za | 2009/12/07 | Dit het geblyk dat sommige telefone nie beantwoord is nie en net aangehou lui het, terwyl sekere telefone gedurende spesifieke tye van die dag gediskonnekteer was. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/20 | DIE 29-jarige Fina Iita, n kleinskaalboer van die Uvhungu-Vun- gu projek in die Kavangostreek, moedig jongmense aan om in die landbousektor werk te vind. Sy is nou al agt maande by die projek betrokke. Ek is my eie bestuurder, alles hang van myself af. Op die ses hektaar grond beplant Fina mielies en koring. In die vorige seisoen het ek 33 ton mielies produseer. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/10/17 | “Ek sou sê, as ’n Suid-Afrikaner – nie as Eskom-voorsitter – dat ons tot elke prys ’n herhaling moet voorkom van dít wat van Januarie tot April verlede jaar gebeur het. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/08 | Hy het sommer sy loopbaanskets saam met sy kommentaar deurgestuur. Sedert gister gons dit ook nadat in Republikein reklame vir Swakopmund in die sms-werwery gemaak is. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/09/03 | Totale inkomste vir die jaar tot 31 Julie was R157 miljard teenoor totale uitgawes van R246,6 miljard. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/11/10 | Ross-Marsh en Pienaar het die praatjie in samewerking van die Kankervereniging in Namibië (CAN) aangebied. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/10/03 | Die meubelstukke vou inmekaar wanneer dit opgehys word en pas presies in die omhulsel in. Op die vloer rus hulle op ’n voetstuk. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/01/23 | Dit bring die nuwe beskermingsvlak tot $260 per ton. Gestel die huidige HRW-prys in die VSA is nou $210. Dit beteken dat ’n tarief van $50 op elke ingevoerde ton koring – ongeag die graad, oorsprong of prys – gehef sal word vir solank dié tarief geld. Dit moet dan gereeld aangepas word om deurentyd huidige marktoestande te weerspieël, wat nie tans die geval is nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/07 | “Daar is meer kontrolepunte ingebou en ook meer geleenthede waar rolspelers in die ketting verslag moet doen.” |
Afrikaans | sake24.com | 2009/11/16 | “Ons kyk net na die onmiddellike voordeel (van optrede) en nie na werkers se gesindheid jeens produktiwiteit nie,” het Mogale gesê. |
Afrikaans | sake24.com | 2007/03/14 | Nadat die mededingingsowerhede die transaksie goedgekeur het, sal Denel Optronics gesluit en ’n nuwe maatskappy, Carl Zeiss (Edms.) Bpk., tot stand kom. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/11/26 | “Jou oomblik van glans, van ikoon wees, het dan verby- geflits.” |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/23 | In die 3 000 m vir vroue het Lavinia Haitope ook goud verwerf met n wentyd van 10:34.25. Klaudia Moses is net-net in die 800 m geklop, en het n silwermedalje vir haar tyd van 2:25.00 ingepalm. Die president van Atletiek Namibië (AN), Frank Fredericks, het die span as bestuurder vergesel en was ten nouste betrokke by hul voorbereiding. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2009/10/27 | “Die munisipaliteit van Tsumeb en die polisie sal nóú saamwerk en vanjaar se Koperfees is strategies beplan om misdaad hok te slaan.” Een van die strategieë is om meer kos-, SME- en nywerheidstalletjies aan te bied en minder stalletjies wat drank verkoop. “Net 20 stalletjies sal vanjaar drank verkoop,” sê mnr. Gaeseb. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/11/12 | * Laat die sultanas uit en strooi ’n handvol donkersjokoladeknopies oor wanneer jy die eiervla oorskink. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/18 | Die huisdekorwinkel Habitat is stewig aan die gang ná n jaar in die sakewêreld. Op die foto regs is van links mnre. Charl Botes en Jean Theron, mede-eienaars, en me. Elbie Nel, winkelbestuurder, tydens die eerste verjaarsdag van die winkel Vrydag op Swakopmund. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/07/09 | Dít is volgens ’n studie wat vir die Johannesburgse stadsraad uitgevoer is om inwoners se houding jeens die vervoerstelsel te bepaal. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/18 | Me. Locke het gesê dat indien die staking lank gaan duur, dit n negatiewe impak om die voorsie- ning van produkte aan die Suid-Afrikaanse mark kan hê. In die stadium is die veiligheid van langafstandbestuurders die kwessie wat die meeste aandag van die maatskappyegroep verg. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/08 | Dis nie net Swakopmund wat met die stemmery kan wen nie, maar elkeen wat n sms stuur, staan n kans om n vakansie in Mauritius, n motor, of n 18 ltbottel wyn te wen. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/09/01 | "Ek vind dat die eiser soos 'n 'seer duim' sal uitstaan vanweë sy velkleur in enige deel van die land," het Davis gesê. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/11/25 | Behalwe vir die media, deelnemende partye en kandidate se verpligting om dadelik te help waar en wanneer haakplekke tydens die kiesproses dalk mag ontstaan, behoort terselfdertyd ’n skietstilstand ten opsigte van enige onnodige verdagmakery van die Verkiesingskommissie (ECN) te heers. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/02/23 | Maria vertel dat sy baie dankbaar is teenoor Ilze en Hans Steyn wat gehelp het om die gehalte van werk voortdurend te monitor aangesien hulle baie meer ervaring as sy op hierdie gebied het. |
Afrikaans | sake24.com | 2008/11/04 | Die elektroniese weergawe van Moxyland word in Adobe se PDF-formaat uitgegee, en sal sowat die helfte soveel kos as sy gedrukte weergawe. Die klankbaan is deur Beukes en African Dope Records gekies om die atmosfeer van sekere tonele in die boek aan te vul. Die musiek van plaaslike kunstenaars soos Taxi Junkies en The Tone Deaf Junkies word gebruik. Die klankbaan kan afgeskakel word as die gebruiker dit sou verkies. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/06/07 | Ouers en ander lede van die gemeenskap kan uitstalruimte teen N$150 huur. ’n Hoogtepunt is die kroning van Mnr. en Mej. Matriek Hoërskool Karas die Saterdagaand. Dit vind vanaf 18:00 tot 23:00 plaas en ingang by die deur kos N$10 vir volwassenes en |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/22 | Die SAUK het ook Dinsdag sy jaarverslag aan die parlement voorgelê wat wys die korporasie is steeds in groot finansiële moeilikheid. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/24 | ’n Drievlak-stelsel word voorgestel – staatsgrond onder huurbesit, private grond onder eiendomsbesit met beperkte omvang, en buitelandse eienaarskap met wisselvallige looptyd wat verband hou met produktiwiteit en vennootskapmodelle met Suid-Afrikaanse burgers. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/25 | Langlies is n snobistiese dame wat flink stap in die ouetehuis se tuin om haar lyf slank te hou. Sy is egter n regte moeilikheidmaker en skinderbek. My pa het haar herdoop na Koringkriek. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/11/04 | Rhys Ifans vertolk die rol van De Vere nommerpas. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/12/28 | n GROEP van nege Namibiese waterskiërs het vroeër die maand aan die Weskus waterski-kampioenskap in Kaapstad deelgeneem. Die byeenkoms se punte het vir skiërs se plek op die wêreldranglys getel. Deelnemers het in die kategorieë soos slalom, spronge en truuks gekompeteer. |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/09/01 | Mnr Titus praat net oor rassemisdaad t.o.v. swart lesbiese vroue en diskriminasie teen swart Afrika-migrante, en nie een woord oor die swart-op-wit moord word gerep nie. Trouens, dit is so onbelangrik dat benewens die feit dat hierdie situasie asook die bestaan van die blanke nie genoem word nie, stel hy voor dat al hierdie vergrype selfs as sekondêr beskou moet word teenoor onderwys en opvoeding. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/07/12 | Ons het ook meer diensstasies en word dus meermale in die kruisdiens opgeroep om werk te doen vir lede van alle fondse, sê Prosperity se bestuur. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/04/15 | Die SAID doen leefstyloudits van mense oor wie se belastingsake hy agterdogtig is. “Dus: As jy volgende keer ’n inkomste ontvang, vul net die vorm in en verklaar dit,” het Gordhan gister gesê. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/22 | Volgens hom is dit kommerwekkend dat diegene wat lenings benodig om klein en medium-sakeonder nemings (SMEs) op die been te bring, nie toegang daartoe het nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/18 | In hierdie verband word beroepsopleiding aan sowel voormalige oortreders as individuele lede van verarmde gemeenskappe gegee sodat hulle werk kan kry, enersyds deur self-werkskepping of deur aanvaar te word vir werkgeleenthede by andere. |
Afrikaans | sake24.com | 2007/04/18 | Waar die franchisor net sekere verskaffers nomineer, ten spyte daarvan dat die produkte oral vrylik beskikbaar is, moet dit gedoen word met die doelwit om gehalte te beheer en die beste prys vir franchisees te beding. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/12/14 | Baie van die slagoffers sou onskuldige partye wees van ongelukke waar hulle passasiers was, of kop aan kop botsings waar ‘n padvark van voor verkeer teen ‘n blinde hoogte verbygesteek het. Na elke vakansie of langnaweek vertel padverbruikers grootoog van die talle gevalle van uiters gevaarlike bestuurwerk wat hulle aanskou het. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/09/30 | LUS vir n wegbreekkans en dit boonop nog gratis en verniet? R |
Afrikaans | sake24.com | 2010/04/09 | Memeth wou nie sê hoeveel van die R3 miljard deur Ford self in die projek belê word nie. Geld word onder meer ook deur die Gautengse provinsiale regering se Blue IQ en die Nywerheidsontwikkelingskorporasie voorgeskiet, terwyl daar ook beduidende toelae van die regering vir die ontwikkeling van vaardighede sal wees. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/03/27 | Met strammer ekonomiese groei voor die deur, verwag HBD om nou ’n paar jaar langer aan sy beleggings vas te hou voordat dit verkoop word. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/09 | Hoekom moet ons so lank betaal aan ons huisverbande? |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/07/10 | Uitstallers was volgens hom by uitstek baie tevrede met die verloop van die skou en buitelandse uitstallers het moeite gedoen om die skoukantoor te laat weet dat hulle goeie sake gedoen het en dat hulle weer volgende jaar wil deelneem. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/16 | Vandag sal ons die wenner trek van die kompetisie wat op Saterdagaand se wedstryd tussen die Cheetahs en die Crusaders van toepassing was. Wenners word elektronies aangewys en lesers betaal vir SMSe wat verkeerd gestuur word. Deel van die voorwaardes is dat die selfoonnommers van deelnemers vir promosiedoeleindes aangewend kan word. |
Afrikaans | praag.co.za | 2011/10/05 | Nogal interessant die rol wat God se sendelinge in die Afrikaner se geskiedenis gespeel het. Hulle was nie net in die Oos-Kaap vóór die trek nie, maar reeds by Dingaan se stat, by Mosjesj in Thaba Bosigo en selfs by Mzilikazi in die verre noorde van die ou Transvaal gevestig toe die Boere daar aankom. Synde die verspreiders van Godswoord, kan 'n mens hulle anders sien as God se instrumente? |
Afrikaans | sake24.com | 2009/07/20 | In dié tyd raak dinge ’n bietjie rustiger. Die kinders is al op skool en nader waarskynlik al universiteit. Wat jy nie wil hê nie, is om die groei wat jy in die voorafgaande jare op jou aandelefondse verkry het, in ’n markdaling te verloor. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/10/08 | Die Schützenhaus op Keetmanshoop is vandag een van die gewildste gastehuise in die Suide en besoekers van heinde en verre stroom na die gastehuis vir sy heerlike kos en lekker kuieratmosfeer. Die Schützenhaus het ’n ryk geskiedenis wat uit die 19de eeu dateer. In 1899 het die Duitse troepe op die dorp ’n skietvereniging begin en namate hulle meer geword het, het sommiges ook met gimnastiek begin foto regs. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/05/15 | Die ATKV bring hulde aan wyle dr Van Zyl Slabbert wat Vrydagoggend in die ouderdom van 70 jaar in Johannesburg oorlede is. |
Afrikaans | sake24.com | 2007/06/08 | “Ons het ons egter oor die laaste paar jaar – deur middel van ’n kombinasie van organiese groei, die skep van nuwe stem-ondernemings binne die groep en die oorname van @lantic Internet, Definity Telecom en Orion Telecom – getransformeer tot ’n telekommunikasie-diensverskaffer wat al die stem- en datadienste aan verbruikers en sakeondernemings aanbied,” het Van Marken gesê. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/03 | Veertien van Swakopmund se mooistes het aan die glansgeleentheid deelgeneem, maar net drie het tot die eindstryd deurgedring. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/30 | Die Ongwediva Handelskou is hier om te bly en dit is n groot aanwins vir Namibië se jaarlikse kalender van gebeure. Ongwediva behoort inderdaad op die skouer geklop te word vir die merkwaardige welslae wat oor die afgelope jare met die handelskou behaal is. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/08 | Laasgenoemde is haar persoonlike gunsteling. Die album bevat ook twee Engelse liedjies, Disappear en Once in a Lifetime, terwyl die hartroerende ballade Daai Lovesong die luisteraar met sy heimwee en sjarme sal oorrompel. |
Afrikaans | sake24.com | 2005/12/14 | Altesame 55% van Suid-Afrikaanse mobiele e-posgebruikers lees e- pos sodra hul opstaan in die oggend en weer voor hul saans bed toe gaan. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/06/09 | Dis nie Calvinisties nie, dis nie eens Christelik nie, dis wêreldvreemd en werklikheidsontkennend. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/08 | Hy maan verslae oor die verbetering van verkope in die motorbedryf is “irrelevant”, want sowat 65% van dié motors word ingevoer. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/08/30 | n VROU van Gordonsbaai, Hilary Brink, het deurwinterde vistermanne van Namibië Saterdag gewys hoe dit gedoen word toe sy die kampioenhengelaar van die Visfees was. En watwou n steenbras nie van rooiaas hou nie! Hilary het ook op die tiende gloriejaar van die Visfees geskiedenis gemaak toe sy die eerste vrou geword het wat die kompetisie met die swaarste eetbare vis gewen het. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/19 | Die voertuig van die Duitse egpaar het op dieselfde wyse deurgeloop met n buiteband wat ook stukkend gesteek was. Hulle het die wit karretjie sien wegjaag en beweringe was dat die aanval deur drie mans uitgevoer was. Die strandgangers is op die toneel deur mnr. Naudé Dreyer van Sandwich Harbour 4x4s bygestaan. n Noodoproep is na Walvisbaai gemaak en n voorstaandiens is gereël, maar dit het niks opgelewer nie. n Vermoede is dat die voorvlugtige diewe die terrein ken en n afdraaipaadjie gevolg het. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/04/07 | Intussen is kenners verdeel oor wat die besluit vir beleggersvertroue beteken. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/30 | Suid-Afrikaners wat verlede feesseisoen hier gekuier het, het nou onlangs n mooi pluimpie aan Republikein gestuur. Hulle het vertel van die man op die trekker wat hulle op die grondpad na Walvisbaai gekry het wat besig was met instandhoudingswerk. |
Afrikaans | dieburger.com | 2011/10/30 | Kaapstad - “Meneer Tutu is só vriendelik, hy het vir my ’n glas sap op ’n piering aangebied.”Dit het my so spesiaal laat voel.” |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/07 | Maar dit is nie een van daardie beterweterige “verstaan jy’s” nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/28 | Mnr. Piet Swiegers van die Klein- Aus Vista Lodge het gisternag ʼn bibberende drie grade Celsius as minimumtemperatuur op Aus aangeteken. Volgens hom is die koue vir die Suide nie ongewoon vroeg nie. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/09/27 | In n toespraak van oudpresident Sam Nujoma, wat deur Karasburg-raadslid mnr. Paulus Efraim voorgelees is, het hy Christiaan as een van die heldinne in die oorlog teen die koloniale bewind in Namibië beskryf. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/12/30 | Volgens die besturende direkteur van NWR, dr. Tobie Aupindi, sal die oord na 30 maande gereed wees om in die toerismeseisoen van 2012 amptelik heropen te word. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/10/31 | Of ons saamstem of nie, ons behoort hierdie oproep om ekonomiese bevryding ernstig op te neem, want dwarsdeur die wêreld neem die ekonomies verontregtes die strate oor. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/21 | Sy het ook vertel dat sy reeds twee keer n slagoffer van inbrake was. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/21 | "Ek glo 'n mens moet persoonlik betrokke wees by die kliënt. Dis so dat diensvlakke in Suid-Afrika in die algemeen op 'n baie lae standaard is. Ek probeer daarom my diens baie doeltreffend hou. Dit dra beslis by tot 'n onderneming se sukses." |
Afrikaans | sake24.com | 2009/10/26 | Cronin het nie gesê na watter hulpbronne die voorstelle verwys nie, hoewel steenkool ’n moontlikheid is. Volgens hom kan jy nie die vervoer van hulpbronne landwyd belet as daar nie ’n goeie alternatief is nie. Hy reken dit kan moontlik op ’n plaaslike vlak beheer word. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/12/03 | Die totale vierkante meter van nuwe huise wat voltooi is, wat deel van dié subindeks is, was op ’n jaargrondslag steeds negatief, maar het nes sementverkope op ’n maandgrondslag geklim. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/03 | Om verdere betekenis aan die vennootskap met die Regering te gee, het die Ministerie van Onderwys vanjaar met die heropeningvan skole Bank Windhoek se belegging van oor die N$2 miljoen sedert 2008 geëwenaar met n bykomende bestelling van sowat 23 000 borde uit n spesiale fonds waaruit die oprigting van klaskamers, skoolboeke en ander onderwyshulp gefinansier word. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/08 | Sommige vervaardigers voorsien lakens met n elastiese band wat onder die matras pas om dit op sy plek te hou. Afgesien van die matraskeuse sal jy beslis n plastieklaken onder jou paslaken wil sit. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/08 | n INWONER van Gibeon wat daarvan beskuldig word dat hy die tweejarige dogtertjie van sy meisie in 2009 vermoor het, het gister in die Hoërhof voor Waarnemende Regter Kobus Miller onskuldig gepleit. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/25 | Lande wat militêr, ekonomies en handelgewys swakker is, word te gereeld in n multilaterale omgewing geïgnoreer. Die magtige state is weer onwillig om unilateraal te word en gee lippediens aan multilateralisme. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/04/09 | En in die geval van Metrorail wat meestal passasiers hanteer, is brandstigting in waens die groot probleem, “meestal as gevolg van treine wat vertraag word”. |
Afrikaans | praag.co.za | 2009/06/27 | Zimbabwe se regering het die inhoud van die verslag verwerp en verklaar dat die aanklagte daarop gemik is om die land se beeld te skend, die verkoop van Zimbabwiese diamante internasionaal te stuit en om die land van broodnodige buitelandse valute te ontneem. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/04/15 | Die maatskappy, wat gesê het hulle het R45 miljoen verloor, het aangebied om 'n R50 000 beloning vir inligting wat sal lei tot 'n arrestasie sal betaal. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/28 | Wetenskaplikes is nie seker waarom dit gebeur het nie en het oor moontlike klimaatsveranderings as gevolg van mensgemaakte gasuitlatings, gewaarsku. Nisbet sê dit het die aarde laas ongeveer n dekade geneem om uit die ystyd te kom, met verwysing na vinnige verhitting gevolg met n langer yssmelting en waarsku oor ernstige gevolge, sou dieselfde nou gebeur. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/11/01 | Die ironie dat ’n minister van vervoer ’n chauffeur nodig het om hom rond te karwei, is nie op hom verlore nie, het Farrow gesê. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/04/08 | NEGENTIG persent van die inwoners van die private Aredareigas Natuurlandgoed, ofte wel die plaas Regenstein, het op n onlangse spesiale huiseienaarsvergadering gestem dat die vier omstrede kameelperde kan aanbly. n Klein groepie inwoners van die spoglandgoed suid van Windhoek is bekommerd dat die kameelperde die inheemse bome vernietig en laat vrek. Volgens die voorsitter van die huiseienaarsvereniging van Regenstein, die omgewingskundige en die uitvoerende direkteur van die Suider-Afrikaanse Instituut vir Omgewingswaarnemingstudies, dr. Peter Tarr, moet n geïntegreerde oplossing op Regenstein toege pas word. |
Afrikaans | praag.co.za | 2010/03/23 | Jessica Valenzuela, 'n onderwyseres van Avondale, is maar een geval. "Ek weet nie wat om te antwoord nie," sê sy. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/11/21 | Dieselfde “karakters” – soos hy na die figure in sy werke verwys – duik steeds op; die werk is steeds kleurryk en gevat en Saayman se donker humor loop steeds dik. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/09/28 | Nou nie dat dit altyd so ’n salige ding is om te doen nie, want jy onthou woorde so skerp soos die ystervarkpenne wat agter ’n graspol opgetel word; tye wat jy slu ’n hand gespeel het soos ’n slangsleepsel oor ’n sandpaadjie, of sommer oordrewe skrikkerig was soos ’n kiewiet wat die lug in opvlie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/01/16 | "Sy is die mens wat my op die regte pad hou en my hulp en klankbord is in alle aspekte van my werk. Ek en my vennote glo baie sterk aan gesinswaardes. Ons is gesinsmense en daarom probeer ons juis die sentrum gesinsvriendelik maak." |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/05/24 | Me. Pohamba het gesê dat Namibiërs die doelwit moet hê om hoenders as n bron van inkomste te bestuur, in plaas daarvan om dit vir eie gebruik te benut. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/10/02 | Dit is n hele proses wat gevolg moet word deur aanmaningsbriewe te skryf en daarna alle betrokke ministeries in kennis te stel alvorens so n drastiese stap geneem kan word. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/12/16 | Diergaardt en sy manne se aandag is reeds op hul voorbereiding vir die komende Vodacombekerreeks. Die span het vanjaar in sy terugkeerseisoen stewig presteer en besef dat dit in die komende seisoen bykomende druk en hoër verwagtinge kan meebring. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/09 | Bloemfontein. – Suid-Afrika se graanprodusente sal in die komende plantseisoen hul sommetjies goed moet doen indien hulle winsgewend wil bly boer. |
Afrikaans | sake24.com | 2006/03/24 | Platinum het gister vir 'n hoogtepunt gesorg. Impala Platinum het 0,87% geklim tot 'n nuwe piek van R1 160 per aandeel. Anglo Platinum, die ander groot speler in dié sektor, was egter - soos sy moedermaatskappy - onveranderd en het op R539,80 gesluit. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/03/03 | Tydens die winter behoort kragverbruik net meer as 37 240 MW te wees. Die hoogtepunt van 2009 was sowat 36 000 MW. |
Afrikaans | volksblad.com | 2011/08/11 | Dit het gemaak dat twee GTI’s, dié van Gennaro Bonafede in ren drie en Graeme Nathan in ren vier, as die nuwe wenners gekroon is. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2009/10/13 | “Ons moet vasstel wat die aard van die seebedding is en of dit dalk te klipperig is om die hawe nog dieper te maak. Voorts moet ook bepaal word watter soort van vrag deur die hawe geneem kan word,” sê mnr. Mutwa. In die verband het mnr. Mutwa genoem dat veral myne in die Noordelike Kaapprovinsie ’n teiken is om minerale van Lüderitz te laat vervoer. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/09/15 | REPUBLIKEIN bied sy aanlynlesers die geleentheid om aan sy opwindende kompetisies deel te neem, selfs wanneer hulle buite die selfoon-netwerke van Namibië beweeg. |
Afrikaans | rapport.co.za | 2011/10/29 | Die mislukkings van Cele en Selebi en die openbare teenkanting teen dié aanstellings het pres. Jacob Zuma waarskynlik hierdie keer genoop om minstens ’n polisieman, genl.maj. Nhlanhla Sibusiso Mkhwanazi, as waarnemende kommissaris aan te wys. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/02/02 | Volgens mnr. Heath kan die kinders n oogspesialis gratis besoek, sou spesialisbehandeling nodig wees. |
Afrikaans | beeld.com | 2011/10/19 | Daar moes inderhaas gespook word om die oorblywende tente en baniere plat te slaan voordat dit ook die lug in op is. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/03/22 | Sy het vinnig op my skoot gespring terwyl Sabastian steeds nog n bietjie skrikkerig is. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2011/01/08 | Die Beukes-broers is Woensdag daaraan skuldig bevind dat hulle in Maart 2005 agt mense, onder wie twee kinders en n swanger vrou, op die plaas Kareeboomvloer wreedaardig vermoor het deur hulle te skiet en vyf van die oorlewendes aan die brand te steek. Hulle het hierna die plaas geplunder en op vlug geslaan. |
Afrikaans | republikein.com.na | 2010/04/27 | Verskeie sprekers en kultuurgroepe het opgetree en die munisipaliteit is deur dr. E. Ngurare gelukgewens met hierdie tree vorentoe. Hy het die wens uitgespreek dat dit tot voordeel van die munisipaliteit en die dorp as geheel sal wees. |
Afrikaans | praag.co.za | 2008/07/22 | Ons kan maar net die futiele hoop koester dat die volgende heilige tog werklik iets goed sal doen vir sy mense. |
Afrikaans | sake24.com | 2010/10/24 | Julie vanjaar het sy wel met hulle vergader en aan hulle gevra vir voorstelle om die tenders te wysig sodat dit net die ontwerp, bou en onderhoud van die gebou insluit, maar nie die bewaring, rehabilitasie, ontwikkeling en versorging van gevangenes nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/08/26 | Die foon gaan voorts ná ’n tyd outomaties in slaap-modus oor sodat jy nie per ongeluk oproepe maak as dit in jou sak lê nie. Maak ’n oproep en plaas dit teen jou oor, en die skerm sluit ook outomaties af sodat jou wang se beweging nie vreemde keuses op die raakskerm tot gevolg het nie. |
Afrikaans | sake24.com | 2009/07/09 | Die jongste beleggingsbestuurder-indeks van Ernst & Young het getoon die vertroue van klein bestuurders het van 51 indekspunte in die eerste kwartaal tot 62 gestyg. Groter bestuurders s’n het van 42 indekspunte tot 67 gestyg. |
Subsets and Splits